Raffinadery sal afhang van Namibiese produksie – Alweendo
Die minister van mynwese en energie, Tom Alweendo, sê die besluit om te belê in ‘n raffinadery in Namibië is afhanklik van die skaal van olieproduksie binne die land. In sy mening is daar geen onmiddellike vooruitsigte vir die land om sy eieraffinadery te vestig nie.Hy sê terwyl daar potensiaal is vir kostebesparende voordele van ‘n plaaslike raffinadery in vergelyking met die invoer van verfynde brandstof, daar ‘n behoefte is aan aansienlike olieproduksie om die te regverdig. Op die oomblik is produksie-vlakke onduidelik. Namibië ondersoek tans geleenthede by die Lobito raffinadery in Angola. Alweendo het aangedui dat onderhandelinge aan die gang is maar beklemtoon dat daar geen vasgestelde tydlyn hiervoor is nie.