Beleggings, ongelykheid en werkloosheid in Namibië
Namibië is tweede geplaas in terme van inkomste-ongelykheid, met ‘n ongelykheidsindekstelling van 59,1 volgens ‘n verslag deur Rand Merchant Bank, of RMB. Die bank se “Where to Invest 2024”-verslag beklemtoon ‘n dramatiese vergroting van die gaping tussen ryk en arm in Namibië, en plaas dit net tweede na Suid-Afrika. Die verslag meen Namibië behou verskeie kommerwekkende probleme wat ook in sy suidelike buurland verskans is. Albei nasies is van die wêreld se mees ekstreme vir ongelykheid en werkloosheid. Dit het verder berig dat die land se werkloosheidskoers hom in die 27ste plek geplaas het met ‘n koers van 20,6 persent op die RMB Where to Invest in Africa-model, wat Suid-Afrika met vier posisies oortref.