Internasionale Jeugdag herdenk met jeug en die verkiesings
Maandag is Internasionale Jeugdag en ter viering hiervan sal die Namibia Media Trust sy jaarlikse #YouthQuakeNam24-konferensie aanbied. Hierdie jaar sal die konferensie spesiale klem plaas op die 2024-verkiesing en die deurslaggewende rol van jeugdeelname, onder die tema “Volgende generasie demokrasie: inspireer die jeug om te lei en innoveer”. Die geleentheid sal sowat 60 jong Namibiërs, asook beleidmakers en verteenwoordigers van die burgerlike samelewing, byeenbring om die kritieke rol van die jeug in die vorming van Namibië se toekoms te bespreek en strategieë te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessica Uiras van die Trust gesels.