Trump-veldtog blameer Iran vir kuberkrakers in sy kommunikasie
Donald Trump se veldtog sê kuberkrakers het sommige van sy interne kommunikasie geteiken en blameer die Iranse regering. Terwyl daar geen besonderhede verskaf is nie kom dit na Politico berig het dat hy in Julie e-posse begin ontvang het van ‘n anonieme bron wat outentieke dokumente van binne Trump se operasie aanbied, insluitend ‘n verslag oor JD Vance se potensiële kwesbaarhede. Die Trump-veldtog het verwys na ‘n Vrydag-verslag van Microsoft wat gesê het Iranse regering-gebonde kuberkrakers het in Junie probeer inbreek by die rekening van ‘n hooggeplaaste amptenaar op ‘n Amerikaanse presidensiële veldtog.