Eskom bestee amper R10 miljard minder aan diesel
Eskom sê hy het ‘n verlaging van 9,59 miljard Suid-Afrikaanse rand in die besteding op diesel van 1 April tot 7 Augustus bereik, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die onbeplande kapasiteits-verliesfaktor toon steeds ‘n afwaartse tendens op 25,99 persent vir die huidige boekjaar tot op datum, wat ‘n verbetering is van die 34,78 persent wat dit in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was: