Afvalhoop stort neer op huise in Uganda
’n Grondverskuiwing by ’n stortingsterrein in Uganda se hoofstad Kampala het neergestort op ‘n residensiële gebied en ten minste agt mense gedood. Dit kom na swaar reënval toe dele van die stortingsterrein ineengestort het, wat nabygeleë huise heeltemal bedek het. Die stortingsterrein, bekend as Kiteezi, dien al dekades lank as Kampala se enigste vullishoop en het in ‘n groot heuwel ontaard. Inwoners kla reeds ‘n geruime tyd dat gevaarlike afval van die terrein die omgewing besoedel en ’n gevaar vir mense inhou.