Spele: Helalia vandag Nam se laaste kans

Vandag op die laaste dag van die Parys Spele, kom Namibië se veteraan marathon-atleet Helalia Johannes teen die beste in die wêreld te staan. Die 42,195 kilometer marathon begin nou. Phillip Seidler het Vrydag in die sesde kilometer van sy marathon-swem uitgeval met ‘n skouerbesering. So ook Alex Miller wat geval het as gevolg van ‘n papwiel en sy hand beseer het in die mansbergfiets landloop. Net Vera Looser het klaargemaak, in 68ste posisie, in die vroue padfiets-wedloop.