Iran sal missielstelsels aan Rusland verskaf

Tientalle Russiese militêre personeel word in Iran opgelei om die Fath-360 naby-afstand ballistiese missielstelsel te gebruik, het twee Europese intelligensiebronne aan Reuters gesê. Honderde van die wapens sal binnekort aan Rusland gelewer word vir sy oorlog in die Oekraïne. Verteenwoordigers van die Russiese ministerie van verdediging het vermoedelik ‘n kontrak op 13 Desember in Teheran met Iranse amptenare onderteken vir die aflewering.