Whk-waterbesparings: Wat van 400+ informele karwasplekke?
Die Stad Windhoek het nuwe waterbesparingsmaatreëls ingestel nadat dit ‘n kategorie D-droogte verklaar het weens verergerende waterskaarste. Besparings moet 15 persent beloop en slegs gesertifiseerde kommersiële motorwasserye mag voortgaan. Die stad het egter minimum 400 informele motorwas-operateurs wat uiters bekommerd is oor die maatreël. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Harold Akwenye, woordvoerder van die Stad Windhoek, oor wat hulle doen om hierdie motorwassers by te staan.