Inflasie: Koste van dienste moet dopgehou word

Inflasie-syfers vir Julie is die week bekend gemaak en het op 4,6 persent ingekom. In ‘n ontleding sê Simonis Storm die primêre dryfvere was vervoer, behuising en voedsel met kospryse wat effe gestyg het. Behuising by ‘n probleem omdat daar groot vraag is na huur-eiendomme as gevolg van die hoë rentekoerse. Maar, die makelaarsfirma sê inflasie is gemiddeld 4,8 persent vanjaar, effe laer as sy voorspelling vna 4,9 persent. Die ontleding waarsku oor ‘n styging in pryse vir dienste wat inflasie verder kan opstoot.