Boeing-ruimtevaarders sal eers Februarie ’25 terugkeer
Twee Amerikaanse ruimtevaarders wat op 5 Junie op ‘n toetssending na die Internasionale Ruimtestasie vertrek het, moet moontlik heelwat langer bly as wat beplan is. Barry Wilmore en Sunita Williams het met die eerste bemande Boeing Starliner-ruimtevaartuig na die ruimtestasie vertrek om dit uit te toets. Probleme het met die naderende landing ontwikkel en hulle sal dalk op ‘n ander manier moet huiswaarts keer. Volgens Nasa is een moontlike oplossing om hulle terug te bring met ‘n sending wat in September vertrek maar eers in Februarie 2025 terugkeer aarde toe.