Djokovic onttrek uit nog ‘n toernooi, het alles in Parys gegee

Novak Djokovic het hom aan die Cincinnati Ope onttrek. Na hy die goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het, het die 24-malige Grand Slam-kampioen hom ook van die Kanadese Ope onttrek wat in Montreal aan die gang is. Dit beteken die Serwiër gaan na die Amerikaanse Ope aan die einde van die maand sonder enige voorbereidende toernooie. Djokovic het alles in Parys uitgehaal om goud te wen teen die 21-jarige Spaanse kampioen, Carlos Alcaraz en hy gee sy 37-jaar-oue liggaam soveel ruskans as wat hy kan.