Maak ‘n draai, dis die laaste dag van die Biomassa-skou

Die hekke by die Standard Bank Biomassa-skou het pas oopgemaak en vandag is die laaste dag om die geleentheid by te woon. Dit vind plaas by die Sekelbos/TOPS-terrein op die pad na die Otjiwarongo kleinhoewes. Dit is die ideale omgewing om meer te leer oor bosbiomassaprodukte en -tegnologie en Kosmos 94.1 is ook daar. Progress Kashandula, die uitvoerende hoof van die Namibiese Biomassa Industrie-groep nooi almal uit.