Spele: SA vat silwer en Afrika-rekord in 100m-aflos
Suid-Afrika vier sy eerste medalje in die mans vier-maal-100-meter-aflos, met die silwer wat ook Akani Simbine se eerste groot medalje-sege van sy loopbaan is. Hy het die span van die vyfde na die tweede plek laat opskuif in die laaste 100-meter van die aflos in ‘n tyd van 8,78-sekondes. Saam met Bayanda Walaza, Shaun Maswanganyi en Bradley Nkoana het Simbine ‘n nuwe Afrika-rekord van 37,57-sekondes in die aflos opgestel. Kanada het goud gewen in 37,50-sekondes met Brittanje derde in 37,61 sekondes. Die silwermedalje is Suid-Afrika se eerste medalje in ‘n groot kompetisie sedert die wêreldkampioenskappe in 2017.