Spring om te registreer vir die Bank Windhoek Red Run!
Meer as 1 700 deelnemers het reeds geregistreer vir die langverwagte Bank Windhoek Red Run. Die samewerkende byeenkoms tussen die /Ae //Gams-sportklub en Bank Windhoek het wedlope van 5km, 10km, 21,1km en 42,2km, met ‘n totale pryspoel van 60 000 Namibiese dollar en medaljes. Registrasie eindig vandag om 6-uur by Zoo Park, so as jy nog wil registreer sal jy moet spring. Die wedlope sal op tyd bepaal word, met ‘n afsny-eindtyd van 11-uur môre-oggend, en alle roetes sal gemerk en toegerus wees met waterstasies. Jacquiline Pack, Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasiedienste, gee meer inligting.