Bokke het nuwe skakelpaar
Rugby: Die Springbokke het ‘n splinternuwe skakelpaar vir Saterdag se kragmeting met Australië. Die 34-jarige Cobus Reinach is die skrumskakel en die 22-jarige Sacha Feinberg-Mngomezulu die losskakel. Feinberg-Mngomezulu kry sy eerste kans in die opdrafspan in die openingswedstryd van die Rugby-Kampioenskap in Brisbane. Reinach is opgewonde oor die nuwe vennootskap.