Ex parte-aansoek was vertragingstaktiek – Fishrot-regter

Regter Moses Chinhengo het oudminister Sacky Shanghala se ex parte-aansoek wat nie net Chinhengo se aanstelling bevraagteken nie, maar ook aanvoer dat die staat verantwoordelik is vir vertragings in die hoofverhoor deur sleutelinligting en bewyse te weerhou, van die hand gewys. Die Fishrot-regter sê hy dink die aansoek is gebring om te keer dat die beskuldigdes in die hof pleit.

Daar is hoop dat die verhoor uiteindelik kan begin na talle vertragings.