ChatGPT kry ‘n maatjie, SearchGPT
OpenAI, die maatskappy wat ChatGPT vrygestel het, het sy toetrede tot die soekmark met SearchGPT aangekondig. Hulle stel ‘n Kunsmatige Intelligensie-aangedrewe soekenjin bekend met intydse toegang tot inligting regoor die internet. KI daag die hegemonie van gevestigde maatskappye uit, in hierdie geval Google. Kehad Snydewel, die besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en die verskil verduidelik.