Khomas-streeksraad skenk 2 klinieke, 1 ambulans aan gesondheid
Die Khomas-streekraad het die opgeknapte Hakahana- en Donkerhoek-klinieke aan die gesondheidministerie oorhandig. Dit sluit onder meer in nuwe toerusting en ‘n nuutgeboude apteek. ‘n Ten volle toegeruste ambulans ter waarde van 1,3 miljoen Namibiese dollar is ook oorhandig, vir gebruik deur die Windhoek Landelike Kiesafdeling. Die streeksraad se voorsitter, Shaalukeni Moonde, het tydens die geleentheid gesê die inisiatief vorm deel van die streeksraad se klein kapitaalprojekte en word op 7,5 miljoen Namibiese dollar gewaardeer.