Mulunga sê oor pad vorentoe

Imms Mulunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat na ‘n onafhanklike dissiplinêre verhoor hom onskuldig bevind op beide aanklagte waarop hy tereggestaan het, naamlik bedrog en dienskontrakbreuk. Die verhoor is gelei deur die voormalige appèlregter van die hooggeregshof, Gerhard Maritz, wat tot die gevolgtrekking gekom het dat Namcor versuim het om te bewys dat Mulunga se optrede die maatskappy benadeel het. Mulunga sê hy sal nou met die raad vergader.