Fishrot-beslissing oor Shanghala-aansoek vandag verwag

Die Fishrot-regter Moses Chinhengo sal na verwagting vandag sy beslissing gee oor oudminister Sacky Shanghala se ex parte-aansoek wat nie net Chinhengo se aanstelling bevraagteken nie, maar ook aanvoer dat die staat verantwoordelik is vir vertragings in die hoofverhoor deur sleutelinligting en bewyse te weerhou. Hy het ook die gesag van aanklaer Cliff Lutibezi bevraagteken. Die staat voer aan dat die aansoek eers na die verhoor voor die hof gebring moet word. Hulle hou vol dat Shanghala se beroep op Artikel 319 voortydig en verkeerd is, en dus moet die aansoek van die hand gewys word.