Webinar herdenk Afrikaans

Ter ere van Taaldag 2021 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument ʼn opwindende gratis webinaar aan waartydens verskeie kenners Afrikaans se diverse wortels en hedendaagse gedaantes sal belig. Die gesprek, onder leiding van mediapersoonlikheid Heindrich Wyngaard, vind op Saterdagoggend, 14 Augustus 2021, plaas. Riana Dempers, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se geleentheidskoördineerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.