NEFF is uit, verloor aansoek

Die verkiesingshof het ten gunste van die Namibiese Verkiesingskommissie beslis in die aansoek deur die Namibia Economic Freedom Fighters. Die party het sy deregistrasie uitgedaag. Die kommissie het NEFF en die Christian Democratic Voice op 17 Junie as politieke partye gederegistreer omdat hulle versuim het om finansiële state in te dien soos vereis deur die Kieswet. Die saak is deur die adjunk-regterpresident Hosea Angula en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager aangehoor.