Asië mal oor Afrikaanse televisiereekse
Afrikaanse televisiereekse is besig om in Asië in gewildheid toe te neem en die jongste een is Wyfie. Dit handel oor vier koshuis-kamermaats wat nie goed oor die wegkom nie. Die akteurs is Beáta Bena Green, Celeste Loots, Kristen Raath en Mienke Ehlers. Die reeks wat deur Johan Cronjé geregisseer is, is by die Seoul Internasionale Drama-toekennings vir die toekenning as die Beste Internasionale reeks benoem. Spinners op Showmax met Cantona James en Dillon Windvogel in die hoofrolle is ook gewild in Shanghai en het die toekenning vir die Bester Buitelandse TV-reeks by die Shanghai TV-fees verower.