Wanneer sal SAOG iets sê oor regtevergrypings?

Zimbabwe bied op 17 Augustus die 44ste Gewone Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-beraad in Harare aan. Die Zimbabwiese regering het intussen aggressief toegeslaan op potensiële betogers, wat internasionale aandag op sy wrede taktieke gevestig het. Die leiers van lidlande, insluitend Namibië, bly tot nou toe stil oor Zimbabwe se menseregtevergrype. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, oor of lidlande by die beraad sal reageer op die vervolging van aktiviste.