Groot sukses vir die BBU-veiling
Die gewilde Brandberg Backyard Ultra se WhatsApp-veiling wat op 5 Augustus begin het, was ‘n reuse sukses. Die ingesamelde fondse gaan aan nie-regeringsorganisasies wat met natuurbewaring te doen het. FNB het ter elfder uur twee kaartjies na die Bokke se wedstryd teen die All Blacks op 7 September geskenk wat die veiling se afsluiting met ‘n halfuur vertraag het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nico Scholtz, een van die organiseerders. Hy sê meer as 145 000 Namibiese dollar is ingesamel.