Namcor kort weer geld, die keer N$1,6 miljard
Namcor se stroomafbedrywighede het ‘n bedryfskapitaaltekort van sowat 1,6 miljard Namibiese dollar. Namcor se stroomop-entiteit wat eksplorasie en ekstraksie behels floreer, maar die stroomafkant ervaar baie uitdagings. Die regering het aan die begin van die jaar ‘n 1,2 miljard dollar reddingsboei verskaf om die maatskappy se boeke te probeer stabiliseer. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor waar die maatskappy nou staan.