Ministerie reageer op rol van siektevrye buffels vir jag, toerisme
Wiaan van der Linde, eienaar van Wintershoek Safaris in Suid-Afrika, het onlangs die potensiële voordele van die teel van siektevrye buffels vir Namibië se boerdery-, wild- en toerismesektore uitgelig. Namibië se wildplase word weens siektebekommernisse verbied om buffels aan te hou. Trofeejag van buffels is ook beperk tot die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouministerie se woordvoerder, Jona Musheko, gesels oor die probleem met buffels.