Mej. SA: Daar’s blykbaar prima facie bewyse oor Adetshina-bedrog
Die Departement van Binnelandse Sake sê hy het prima facie bewys gevind dat die Mejuffrou Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina, se ma moontlik bedrog en identiteit-diefstal gepleeg het. Die departement vermoed haar ma het ʼn Suid-Afrikaanse vrou se identiteit gesteel toe sy haar geboorte geregistreer het. Adetshina se deelname het teenstand gekry toe dit aan die lig kom haar pa is ʼn Nigeriër en haar ma van Mosambiek. Minister Leon Schreiber sê die ondersoek na die saak gaan voort: