Kan Namibië beleggings van US$55 miljard lok?
Die implementering van Namibië se groen-industrialisasiestrategie vereis meer as 55 miljard Amerikaanse dollar, volgens ‘n onlangse verslag. Die plan benodig 15 miljard dollar vir infrastruktuur en 40 miljard dollar om groen industriebeleggings te lok. Daar is tans slegs 4 miljard dollar oor die volgende vyf jaar beskikbaar. ‘n Aansienlike toename in buitelandse direkte belegging is nodig, bo die huidige 6,3 miljard dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê ‘n kopskuif oor finansiering is nodig.