Regering waarsku oor VK-onluste
Die regering sê in ‘n verklaring hy hou die voortslepende onluste en onrus in verskeie stede regoor die Verenigde Koninkryk noukeurig dop. Alle Namibiese burgers wat tans in Brittanje is en diegene wat beplan om daarheen te reis, word gewaarsku om uiters versigtig te wees en gebiede waar betogings en opstande plaasvind te vermy. Sabine Böhlke-Möller, die waarnemende uitvoerende direkteur van internasionale verhoudinge en samewerking, gee meer inligting.