Aus hokkiespeler in arres vir sports, nie sport
Olimpiese Spele: Die Franse polisie het ‘n Australiese hokkiespeler in hegtenis geneem wat na bewering probeer het om kokaïen te koop in Parys. Die 28-jarige is nog nie aangekla nie. Die Australiese Olimpiese Komitee doen stappe om die atleet te ondersteun. Hy is volgens berigte by sy tweede Spele nadat hy by die vorige Spele in Tokio ‘n silwermedalje met die span gewen het. Albei nasionale spanne, bekend as die Hockeyroos en die Kookaburras, is vroeër die week in die kwarteindrondes uitgeskakel.