IPC sê hulle het kiesersregistrasie aangehelp
Die IPC se nasionale algemene sekretaris, Christine Aochamus, het by ‘n perskonferensie in die hoofstad gefokus op die uiters suksesvolle kiesersregistrasieproses, waarin 91 persent van stemgeregtigde kiesers geregistreer het. Aochamus sê die IPC se “Gaan uit en registreer”-inisiatief het ‘n groot rol gespeel om die hoë opkoms vir registrasie te verseker.