Wet op Toegang tot Inligting verskuif die doelpale
Die inligtingsministerie het die onderskrywing van die Wet op Toegang tot Inligting No. 8 van 2022-regulasies aangekondig. Die wet is Dinsdag deur die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die inligtingsminister sal nou ‘n kennisgewing in die Staatskoerant uitreik vir die wet se implementering. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. John Nakuta, die media-ombudsman, gesels oor die wet.