ANC gee toe beleid is swak implementeer

Die ANC sê sy ekonomiese beleid is goed, maar erken swak implementering strem vordering. Dit volg nadat die Wêreldbank Suid-Afrika aangewys het as die wêreld se mees ongelyke samelewing, met werkloosheid wat toeneem. Die hoof van die ANC se ekonomiese transformasiekomitee, Mamoloko Kubayi, sê die vinnige bevolkingsgroei is ‘n groter uitdaging as behuising en infrastruktuur. Sy het die behoefte beklemtoon aan data-gedrewe besluitneming om die doeltreffendheid van beleid op te skerp.