Duisende onlustepolisielede reg vir VK betogings

Duisende Britse onlustepolisielede is op bystand teen nog moontlike geweld wat meer as ‘n week gelede opgevlam het nadat drie kinders vermoor is. Verregse groepe het betogings beplan op meer as 30 plekke, met immigrasieprokureurs en geboue waar asielsoekers woon glo die primêre teikens. Dit is volgens boodskappe op die toepassing Telegram, wat aan die Britse media uitgelek is. Die regering sê 6 000 spesialis-polisielede is voorberei om op te tree teen Engeland se ergste onluste in meer as ‘n dekade, waartydens honderde mense in hegtenis geneem is.