VN samel net 20% van droogtehulp-teiken in
Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram het slegs 20-persent van sy teiken ingesamel vir droogtehulp in Suider-Afrika. Dit is sowat 1,5-miljard Namibiese dollar van sy doelwit van agt-miljard dollar om die droogte te pak in sewe lande. Die streek ly as gevolg van die El Niño-weerverskynsel en die ergste droogte in dekades het aanleiding gegee tot wydverspreide mis-oeste en voedselonsekerheid. Daar was betekenisvolle ondersteuning deur skenkers maar die WVP kan tot 2025 se oes hulp verskaf aan slegs 5,9 miljoen mense uit altesaam 27 miljoen wat dit nodig het.