AZ-spuite: 6 weke vertraging nog in orde

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie Ben Nangombe het aan plaaslike media gesê dat die jongste syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie aandui dat die tydperk tussen die eerste en tweede AstraZeneca inspuitings tot ses weke nog kan vertraag word. Daar is ongeveer 70 000 Namibiërs wat wag op hulle tweede spuit van die entstof en die meerderheid is reeds verby die 12-week periode wat vroeër aangedui is. Owerhede het 40 800 dosisse van die entstof reeds bestel en betaal deur die Covax-fasiliteit. Verlede week het die minister, dr. Kalumbi Shangula aangekondig dat Holland 75 000 dosisse van die AstraZeneca entstof aan Namibië sal skenk. Die datum van aflewering is nog nie bekend nie.