Vyf informele nedersettings in Okahandja kry aandag
Okahandja sukkel al ‘n geruime tyd met ‘n behuisingstekort en swak dienslewering. Maar, dit blyk asof iets aan die gebeur is. Die munisipale raad, in samewerking met Nust, die Shack Dwellers Federation of Namibia, die National Housing Action Group, en inwoners van die dorp se informele nedersettings, het ‘n opgraderingsprojek in Ekunde 1, 2, 3, en 6 , asook Vyfrand informele nedersetting van stapel gestuur. Hierdie inisiatief het ten doel om die gemeenskap te betrek by die beplanning van toekomstige ontwikkeling. Die projek word in vyf fases verdeel, met profilering van inwoners en opsomming van families wat suksesvol afgehandel is. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, gesels oor die projek se vordering.