Grens die maand toe vir 11 groentesoorte
Die Namibiese Akkerbouraad het die sluiting van grense aangekondig vir 11 groentesoorte dié maand. Die grens is toe vir invoere van beet, botterskorsie, kool, wortels, Engelse komkommers, gekleurde soetrissies, uie, pampoen, kersietamaties, ronde tamaties en spinasie. Net ses groentesoorte kan onbeperk ingevoer word, naamlik skorsies, gewaste aartappels, soetpatats, spanspek, waatlemoen en suikermielies. Vyftig persent van die groenrissie-vraag kan pro rata ingevoer word, 15 persent van die konfyt tamatie-vraag en 20 persent van die ysberg blaarslaai-vraag.