Voormalige Engelse kolwer Graham Thorpe sterf
Krieket: Die voormalige Engelse kolwer en afrigter, Graham Thorpe, is oorlede op 55. Thorpe het tussen 1993 en 2005 in 100 toetse gespeel. Hy het tydens sy uitstekende oopbaan vir Engeland 16 honderdtalle behaal en word as een van die beste kolwers van sy era beskou. Hy het altesaam 6 744 lopies vir Engeland aangeteken teen ‘n gemiddeld van 44 en ook in 82 internasionale eendagwedstryde gespeel. Na sy uittrede in 2005 het hy afgerig en tussen 2010 en 2022 in verskillende posisies met verskeie Engelse internasionale spanne diens gedoen.