SAPD red 90 Ethiopiërs in ‘aanhouding’ in Johannesburg

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se spesiale taakmag het 90 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers gered wat in aanhouding aangetref is in Sunnydale Ridge, Johannesburg. Daar is op hulle afgekom terwyl die polisie ‘n ontvoering vir omkoopgeld ondersoek het. Onder dié wat gered is, is die ontvoerde slagoffer van Benoni. Die woordvoerder van die nasionale gesamentlike taakspan Athlenda Mathe sê die Valke ondersoek die saak: