Antieke meer in Lesotho Hoogland herinner aan monitering van waterstelsels

Wetenskaplikes het ‘n antieke meer in die ruwe gebergtes in die oostelike Hoogland van Lesotho ontdek wat weens klimaatsverandering verdwyn het. Die eeue-oue meer was langs die Mafadi-spits geleë, op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho. ‘n Professor van Wits, Jennifer Fitchett, sê die meer se verdwyning benadruk die dringende behoefte vir wetenskaplikes en beleidmakers om waterstelsels noukeurig te monitor, wat noodsaaklik is vir die mens se voortbestaan en natuurlike ekostelsels.