Sophia sê joernalis meng in haar sake na vrae oor Zim-besoek

Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa loop deur onder kritiek na sy ‘n verslaggewer sleg gesê het en sy nommer geblokkeer het na hy vrae gevra het oor haar onlangse besoek aan Zimbabwe. Sy het volgens wat berig word, die joernalis daarvan beskuldig dat hy inmeng in haar sake. Dit kom na die Zimbabwiese koerant The Herald haar drie-dag besoek aan die land gepubliseer het en die land se president, Emmerson Mnangagwe op sy Facebook-blad bevestig het hy het met Shaningwa ontmoet en die twee het bilaterale verhoudings tussen Namibië en Zimbabwe bespreek.