Lauren Dickason gaan appelleer
Die Suid-Afrikaanse dokter Lauren Dickason, wat tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op haar drie kinders in 2021 in Nieu-Seeland, het appèl teen haar skuldigbevinding aangeteken. Sy is verlede jaar skuldig bevind aan moord op haar dogters, die sesjarige Liane, en haar twee-jarige tweeling Maya en Karla. Sy het erken sy het hulle verwurg en versmoor, maar voer aan sy was geestelik ongesond. Dickason het skuld op drie aanklagte van moord ontken en sy het haar verdedig deur te sê sy was geestelik versteurd en dit was ook nie kindermoord nie. As haar appèl slaag, kan ‘n tweede verhoor volg.