Brent weier om te reageer op Midde-Ooste spanning… hier’s hoekom
Brent ru-olie het teruggesak en verhandel tans teen sowat 77 Amerikaanse dollar per vat. Beleggers hou gebeure in die Midde-Ooste fyn dop vir tekens dat eskalerende vyandighede tussen Israel en Iran wêreldwye olievoorrade kan bedreig en energiepryse kan laat styg. Meer as die helfte van alle ru-oliereserwes is in daardie streek, volgens huidige ramings van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat met olie gebeur.