Vera behaal 68ste in padresies in Parys

Namibië se fietsryer Vera Looser het 68ste geëindig in die vroue elite padresies by die Olimpiese Spele in Parys. Sy het die 158km resies in ‘n tyd van 4 uur, 10 minute en 47 sekondes voltooi. Kristin Faulkner van Amerika het die goue medalje gewen in ‘n tyd van 3 uur, 59 minute en 23 sekondes. Nederland se Marianne Vos het die silwer medalje gewen en Lotte Kopecky van België die brons.