Vera Looser in aksie by die Spele
Namibië se fietsry-ster Vera Looser is vanmiddag in aksie in die vroue elite padresies by die Olimpiese Spele in Parys. Dit is haar derde Spele en sy word beskou as ‘n baanbreker vir Afrika-vroue in die sport by die byeenkoms. Die resies sal begin en eindig in die skadu van die Eiffeltoring op die Pont d’Iéna wat die Seine oorsteek. Die wedren sal 158km dek, en eindig met drie uitdagende sirkelroetes in sentraal Parys. Die padresies is geskeduleer om 2-uur te begin.