ANC verwerp plan om SAOG-spitsberaad uit Zim te verskuif
Die ANC het beroepe verwerp om die 44ste spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap uit Zimbabwe te verskuif weens die inhegtenisneming van aktiviste. President Mnangagwa hou vol Zimbabwe sal nie geweld voor die spitsberaad op 17 Augustus toelaat nie. Mnangagwa beklemtoon die land se voortgesette vrede stel hom in staat om transformerende projekte na te jaag. Die woordvoerder van die ANC, Zuko Godlimpi, sê Zimbabwiese kwessies moet in Zimbabwe opgelos word.