VK, Amerika vra burgers om Libanon te verlaat

Hezbollah het net ná middernag tientalle vuurpyle na die dorp Beit Hillel in die noorde van Israel gelanseer. Israel se lugmag het daarna teikens in die suide van Libanon gebombardeer. In ‘n aparte ontwikkeling is twee mense in ‘n mesaanval in die Israeliese stad Holon dood. Die aanvaller is later “geneutraliseer”, sê die polisie. Die Britse en Amerikaanse regerings moedig hul burgers in Libanon aan om die land onmiddellik te verlaat terwyl vlugte nog beskikbaar is, weens toenemende vrese oor ‘n breër streekskonflik.